Polisie trek 51 vas vir ernstige en dwelmverwante misdade

images51
ALTESAME 51 mense is tussen verlede Donderdagoggend en Dinsdag deur die Oudtshoorn Polisie vasgetrek vir ernstige misdade en dwelmverwante misdade – 32 mense vir ernstige misdade en 19 mense vir dwelmverwante misdade.

Kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, sê die bydrae van inwoners in dié sukses wat die polisie behaal het, kan nie oorbeklemtoon word nie. Hy het inwoners genooi om by straatkomitees betrokke te raak.

Onder die inhegtenisnames oor die vyf dae is vyf vir roof, sewe vir die besit van gesteelde eiendom, drie vir dronkbestuur, twee vir die besit van ammunisie, vier vir die besit van toerusting wat vir huisbrake gebruik word, twee vir aanranding en twee vir huisbraak.

“Ons wil die publiek gerusstel dat ons hard werk om die oortreders voor die hof te bring maar ook om misdaad te voorkom. Ons kan nie beklemtoon hoe belangrik die publiek se hulp en samewerking vir ons is om misdaad hok te slaan nie. Hulle is ons oë en ore en sonder hulle hulp is dit nie moontlik om ons dorp veilig te hou nie.”

Hy het die verskeie straatkommitees wat saam met die polisie werk, bedank. Inwoners wat hierby betrokke wil raak, kan die volgende persone kontak:
• Sektor 1 (Bongolethu): Konst Diedericks (082 522 3207).
• Sektor 2 (Bridgton): Kapt Nortje (079 893 9969).
• Sektor 3 (Dorp): Kapt Du Plessis (082 821 1027).
• Sektor 4 (Plase): AO Strauss (082 444 2370).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?