Oudtshoorn-vrywilligers help met diere in Knysna

ODIN
Die vrywilligersgroep Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) het vanoggend na Knysna vertrek met onder meer kos, komberse, draagbare dierehokke, waterbakke, ’n skandeerder en eerstehulpkissies.
Die vrywilligers gaan ook help om verlore diere op te laai en met die maak van tydelike skuilplek vir diere.
Skenkings vir die diere in die Knysna/Plettenbergbaai-gebied kan afgegee word by Seeff Oudtshoorn se kantore in Baron van Reedestraat 117. Stefaan Verlinde en sy bakkie is reg om te help. Kontak hom by 083 378 0989.
Vir navrae oor die uitreik van ODIN kontak Colleen Smith-Coetzee by 072 084 1374.

Log in with your credentials

Forgot your details?