Oudtshoorn en omgewing se krag af Dinsdag

Kers
OUDTSHOORN, De Rust, Dysselsdorp en omringende plase se kragtoevoer sal volgende Dinsdag (22 Mei) bykans die hele dag lank afgeskakel wees vir noodsaaklike onderhoudswerk deur Eskom.

Volgens ’n kennisgewing wat aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur is, sal die kragtoevoer om 06:00 deur Eskom afgeskakel en weer om 18:00 aangeskakel word.

Eskom waarsku egter dat alle elektriese punte gedurende hierdie ure as lewendig hanteer moet word.

Indien weersomstandighede soos reën dit vir Eskom onmoontlik maak om die onderhoudswerk Dinsdag te doen, sal dit volgens die kennisgewing op Woensdag, 30 Mei, gedoen word. (Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?