Oppas vir diefstal van honde vir hondegevegte, waarsku inwoner

‘N BEKENDE Oudtshoorniet, Mornay Thysse, het vanoggend ‘n waarskuwing aan vriende en kennisse gestuur om versigtig te wees vir ‘n man wat na bewering honde steel en hulle vir hondegevegte verkoop. Thysse sê ‘n kennis van hom het die man by haar hond betrap. Volgens haar wou dit voorkom of die man die hond “mak probeer maak het”.

Mense word gewaarsku dat veral “pitbuls, bullterriers en staffies” vir hondegevegte geteiken word.

Die Oudtshoorn Polisie is klaarblyklik bewus van die man en hou hom tans dop.

Die Hoorn het ‘n navraag aan die polisie gestuur.

(Berig aangepas)

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?