Opknapping klaar in Mei 2019

Net buite Oudtshoorn – die pad na Calitzdorp. Foto: Liesel le Roux


DIE Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, het begin met die opknapping van 24 km van die R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.

As alles volgens plan verloop, sal dié R42 miljoen-projek na verwagting teen Mei 2019 voltooi word.

Dié gedeelte van die pad is laas in 2004 opgeknap. Die werk sluit in die herstel van krake, slaggate, relings en die padskouer, die herseël van die pad by sekere kruisings en die vervanging van onvoldoende padborde.

Een baan van die pad sal tydens die opknapping in sekere dele gesluit word met stop-rypunte om die verkeer te beheer. Die verwagte wagtyd by die punte is 15 minute.

Die projek sal werk verskaf aan inwoners van die Oudtshoorn munisipale gebied.

Log in with your credentials

Forgot your details?