Onthou twee stop-/rypunte op R341

Die gedeeltes in rooi sal slegs vir verkeer van een kant af op ’n keer oopgestel wees.  Kaart verskaf deur die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke

Die gedeeltes in rooi sal slegs vir verkeer van een kant af op ’n keer oopgestel wees.  Kaart verskaf deur die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke

Deur Liesel le Roux
MENSE wat tydens die KKNK die Oudtshoorn-De Rustpad gaan gebruik, moet bedag daarop wees dat twee stop-/rypunte op dié pad hul reis sal vertraag.

Volgens Byron la Hoe, kommunikasiebeampte van die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, sal slegs een laan oop wees vir verkeer op twee gedeeltes van die R341 tussen Oudtshoorn en De Rust.

La Hoe sê bouwerk aan dié pad word tans vertraag as gevolg van die aanstelling van ’n nuwe kontrakteur vir die opgradering en herseëling van die pad.

NMC, die kontrakteur wat in Maart 2017 met die bouwerk aan die pad begin het, is einde Januarie onder voorlopige likwidasie geplaas nadat ’n poging tot sakeredding nie geslaag het nie.

Bouwerk aan die pad was verlede jaar in omstredenheid gehul toe die Departement van Vervoer sowat 1,8 km van die bouwerk afgekeur het en later die kontrak met NMC beëindig het. NMC het egter ’n tydelike hofbevel verkry wat die departement toe verbied het om die kontrak te beëindig.

“Motoriste wat na en van die KKNK reis moet hierdie padsluitings in ag neem wanneer hulle hul reis beplan,” sê La Hoe.
Hy het padgebruikers bedank vir hul samewer­king en geduld.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?