Naam van botsingslagoffer bekend

Die ongelukstoneel naby die afdraai na De Zeekoe net buite Oudtshoorn op die Mosselbaaipad.

Die ongelukstoneel naby die afdraai na De Zeekoe net buite Oudtshoorn op die Mosselbaaipad.

Die naam van die persoon wat vanmiddag gesterf het in ‘n botsing tussen drie voertuie, is deur die Oudtshoorn Polisie bekend gemaak. Hy is Johannes Plaatjies (50) van Oudtshoorn.
Plaatjies was klaarblyklik ‘n petroljoggie by Total Oudtshoorn, maar die polisie kon dit nie bevestig nie. Die insittendes van die twee ander voertuie is ongedeerd.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die botsing na bewering plaasgevind toe ‘n motor vanaf die De Zeekoe-pad in die R328 ingedraai het in die rigting van Mosselbaai en lig getref is deur ‘n bakkie wat vanaf Oudtshoorn ook in die rigting van Mosselbaai op pad was. Die motor het voor die blou Ford Laser beland waarmee Plaatjies op pad was vanaf Mosselbaai se kant en die voertuie het mekaar reg van voor getref.
Die botsing het omstreeks 14:00 plaasgevind. (Berig deur Liesel le Roux)
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?