Modelvliegtuigies, Vetplante, Boeremusiek en Zoar se 200ste dié langnaweek in die Klein Karoo

Skaalmodelvliegtuie soos hierdie is weer die naweek op Oudtshoorn te sien. Die foto is by 2015 se byeenkoms geneem.

Skaalmodelvliegtuie soos hierdie is weer die naweek op Oudtshoorn te sien. Die foto is by 2015 se byeenkoms geneem.

‘n Byeenkoms van skaalmodelvliegtuie en die Grootvoël Boeremusiekfees op Oudtshoorn, die Vetplantfees op Calitzdorp en die 200ste verjaardagfees van Zoar is van die hoogtepunte dié langnaweek in die Klein Karoo.

• SKAALMODELVLIEGTUIGIES
Die jaarlikse byeenkoms van skaalmodelvliegtuigies vind tot Sondag by die Oudtshoorn Lughawe plaas. Meer as 100 deelnemers van regoor Suid-Afrika word verwag. Vanaand (Vrydagaand) is die openingseremonie tussen 19:00 en 20:00 in die De Jager Sportkompleks, met “indoor flying” van die vliegtuigies daarna. Toegang is gratis. Toegang by die lughawe bedags is R25 vir volwassenes en R10 vir kinders. Neem ‘n kampstoel saam. Daar sal ook kosstalletjies wees.

• OUDTSHOORN GROOTVOëL BOEREMUSIEKFEES
Die boeremusiekfees vind van Saterdag en Sondag plaas met die Kaapland Boereorkes, Outydse Klanke Boereorkes, Die Stoepsitters, Die Kitaarkêrels, Die Wakis Boereorkes en Nico van Wyk. By Brian’s Grill vanaf 17:00. R60 per dag, o.12 gratis. Dansbaan, kroeg. Kontak Daaitjie Kotze (084 619 4616), Jan Heystek (083 680 3502) of besoek www.boeremusiekfees.co.za.

• CALITZDORP VETPLANTFEES
Die eerste Calitzdorp Vetplantfees vind van Saterdag tot Maandag by die Calitzdorp Stasie plaas. Die fees wil ’n uitstalvenster wees vir baie van Suid-Afrika se mooiste en raarste vetplante asook van vetplante van oral in die wêreld. Veldwandelinge, praatjies, ‘n potplantmark, kuns en ’n veiling maak deel uit daarvan. Kontak Buck Hemenway by 076 298 7337 of besoek www.vetplantfees.co.za.

• ZOAR KULTUUR- EN ERFENISFEES
Zoar, die oudste dorp van die Klein Karoo, vier sy 200ste verjaardag vandag en Saterdag met stalletjies, ‘n kuiertuin en verskeie feesverrigtinge. Dit sluit Sondagoggend met ‘n gesamentlike kerkdiens. Zoar lê tussen Calitzdorp en Ladismith aan die R62, en word omring deur die Swartberge aan die noordekant en die Langeberge.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?