Mense bo 50 teiken van kitsbankbedrog

ATM
Mense ouer as 50 jaar is klaarblyklik tans die teiken van kitsbankbedrog op Oudtshoorn, waarsku die Oudtshoorn Polisie.

“Al die slagoffers die laaste tyd was ouer as 50 jaar,” sê kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder vir Oudtshoorn.

Die jongste voorval van kitsbankbedrog was Saterdag toe R3 600 uit ’n inwoner se rekening by ’n kitsbank in Hoogstraat onttrek is.

Volgens Visser wou ’n inwoner omstreeks 11:30 geld by die kitsbank onttrek, toe iemand – soos in ’n vorige geval – iets in die masjien gedruk en daarin geslaag het om die kaart te vat en kontant te onttrek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?