Ligte musiek én kabaret

Niel Rademan. Foto verskaf

’N MUSIEKPRODUKSIE wat bestempel word as die samekoms van ligte musiek en kabaret, is Oudtshoorn Kunstevriende se laaste uitvoering vir 2018 by die Klein Karoo Ostrich Emporium.

In die produksie, Niel Rademan in Konsert, ondersoek Rademan (klavier en sang) en Lucas Heinien (trekklavier en klavier) die ontmoeting van gewilde en teatermusiek. Hulle is kunstenaars wat tussen verskeie genres beweeg en saam ’n fusie van style – sigeunerklanke, ligte rock, klas­siek, tango en selfs tradisionele musiek – met me­kaar vervleg. Die musiek is mooi en toeganklik en selfgeskrewe asook bekende liedere word met kort vertellings afgewissel.

Die konsert, wat op Saterdag 24 November om 19:00 plaasvind, beloof ’n gesellige, informele aand. Toegang is R100 per persoon. Mense is welkom om ’n piekniekmandjie en wyn saam te neem en te gaan saamkuier. Bespreek vroegtydig ’n tafel om plek te verseker.

Kaartjies is beskikbaar by Antoinette le Roux by sel 084 567 1030.

Log in with your credentials

Forgot your details?