Liggaam van Sarah Loverlot in wildkamp gevind

Sarah Loverlot.                           Foto verskaf

Sarah Loverlot. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
DIE soektog na Sarah Loverlot (53) van Oudts­hoorn wat op Maandag, 13 November, vermis ge­raak het, het ’n tragiese einde gehad toe haar liggaam verlede Donderdag in ’n wildkamp tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp gevind is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is Loverlot se ligaam omstreeks 12:00 deur plaaswerkers op die grond van Hannes Terblanche, ’n boer van die omgewing, gevind.

Dit was net ’n dag nadat ’n vliegtuig in dié omgewing ingespan is in die soektog na haar.

Volgens Visser dui voorlopige inligting daarop dat Loverlot aan ontbering oorlede is. Hy sê geen gemene spel word vermoed nie

“Die aanduiding is dat sy reeds ’n geruime tyd dood was toe sy gevind is en moontlik kort na haar verdwyning reeds oorlede is.”

Loverlot is deur haar man, Phillip, as vermis by die polisie aangemeld nadat sy volgens hom op 13 November die oggend werk toe is en nie weer teruggekom het nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?