Lesers kan 2 kaartjies wen!

TWEE  lesers van Die Hoorn het vandeesweek die kans om elk twee kaartjies te wen na Klassieke Klein Karoo Kersfees wat Saterdag, 8 Desember die eerste keer in die Klein Karoo aangebied word.

Meer as 30000 mense het die afgelope jare die produksie in die Amfiteater in die Paarl bygewoon. Vanjaar word Klassieke Klein Karoo Kersfees op Celebratio, ’n uitvoergranaatplaas langs die sementpad aangebied.

Volgens Gerhard Meyer, organiseerder, speel hy al jare met die idee om die konsert iewers in die oopte, onder ’n sterrehemel aan te bied.

“Nêrens anders in die land sien ’n mens soveel sterre as in die Klein Karoo nie. Dit is die perfekte setting vir ’n Kerskonsert – onder die sterrehemel omring deur die berge,” sê Meyer

Twee van die land se voorste sangers, Corlea Botha en Kevin Leo, deel die verhoog met ’n koor asook ’n klassieke orkes.
Alle sitplekke is gereserveerd en pryse wissel van R130 tot R180. Kaartjies is beskikbaar by PostNet in die Queen’s Mall, Oudts­hoorn. Vir navrae kontak Meyer by 082 802 7138.

Leserskompetisie

Maak so om ’n dub­belkaartjie na Klassieke Klein Karoo Kersfees te wen. Sms die antwoorde op die twee vrae na 073 217 7089 of gooi jou antwoorde in die houer by PostNet.

1. Wat is die naam van die konsert?

2. Waar word die kaartjies verkoop?

Belangrik: Verstrek jou naam, van en kontak­nommer saam met die antwoor­de. Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word. Die sluitingstyd is Maan­dag, 3 Desember, om 09:00.

Die wenner se naam sal deur ’n gelukkige trek-king bepaal word en in volgende week se uitgawe van Die Hoorn bekend gemaak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?