Lekker sportaksie die naweek

1 Fietsry

’n Naweek met heelwat sportbyeenkomste lê voor.

Hoewel daar vannag reën op Oudtshoorn verwag word met die moontlikheid van swaar reën en vloede langs die kus, word voorspel dat die son weer Saterdag sy kop sal uitsteek. Die volledige weervoorspelling is beskikbaar deur op Weer elders op hierdie blad te kliek.

Die grootste sportbyeenkoms is waarskynlik die Wes-Kaapse en die Eden Pad- en Tydtoetskampioenskap by die Highgate Volstruisplaas waaraan fietsryers van regoor die Wes-Kaap kom deelneem. Die fietsry-aksie vind môre (Saterdag) en Sondag en die aksie begin al 07:00 soggens.

Die Oudtshoorn Skolestreeksatletiekbyeenkoms vind ook môre (Saterdag) in die De Jagersportstadion in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, plaas met atlete van verskeie plaaslike hoërskole wat in aksie gaan wees.

’n Eden Skole Swemgala vind ook môre (Saterdag) plaas.

Die Struisies se o.19-krieketspan speel ook môre (Saterdag) teen Bridgton Senior Sekondêr.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?