Lamgelê deur Telkom-opgradering

Deur Liesel le Roux
TALLE besighede en inwoners in die midde-dorp van Oudtshoorn het gister nie telefoniese en/of internet-ver­binding gehad nie as gevolg van ’n stelsel-opgradering deur Telkom.

Die kantore van Oudtshoorn Toe­risme en die Oudtshoorn Besigheids­kamer asook die Oudtshoorn Munisipaliteit is ook hierdeur geraak.

Niemand op Oudtshoorn was klaarblyklik hier­op voorbereid nie en inwoners het geskarrel om uit te vind wat aan die gang was.

Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het gistermiddag gesê dat hoewel hulle ingelig is dat hul ver­bindings af is as gevolg van opgra­deringswerk aan Telkom se stelsels, weet hulle ook nie hoe lank dit gaan duur nie.

Ook Die Hoorn het gister proble­me ondervind. Hoewel ons telefoonverbindings ge­werk het, het ons geen internet-verbinding gehad nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?