Krag hier af tot Sondag

Deur Liesel le Roux
KRAGONDERBREKINGS sal tot Sondag in verskeie strate in Oudtshoorn plaasvind as gevolg van noodsaaklike onderhoudswerk aan die dorp se tranformators.

Volgens een van Oudtshoorn se raadslede, George Kersop, sal die kragonderbrekings sporadies tussen 07:30 en 17:00 voorkom en nie die hele tyd af wees nie.

“Beskou egter asseblief alle elektrisiteit as lewendig gedurende die onderbrekings,” sê hy.

Kersop sê al die substasies in die dorp se transformators se olie moet gesuiwer en aangevul word, ’n proses wat sowat drie ure per transformator sal neem.

Woensdag was Jonesstraat en die Burger­sentrum aan die beurt. Die res van die week kom die volgende dele aan die beurt:
Donderdag: 10de Laan, 9de laan, 8ste Laan, 21ste Laan, 18de Laan, Lynerslaan, 5de Laan, Richard-, Henis-, Van der Merwe- en Malgasstraat, 6de Laan, 7de Laan, Meiring-, Bobby le Roux-, John Chapman- en Begoniastraat, Arnold de Jager­rylaan, Panorama- en Gumtreestraat.

Vrydag: St John- tot Chestnutstraat, Mimosa­laan, Parkweg-Suid, Hospitaalstraat, Wallisstraat, Buitekantstraat tussen Voortrekkerweg en St Johnstraat, Leadermans, Bradlows, HR Slaghuis, Jet, Du Plessis Motors, SAPD, Kleinplasie, Oudts­hoorn Inn, St Tropez Woonstelle, Merrimar Woonstelle.

Saterdag: Hoogstraat vanaf Olivierstraat na St Johnstraat, St Johnstraat vanaf Hoogstraat na Adderleystraat en die CP Nel Museum, CJ Langenhoven Gedenkbiblioteek en die Rec.

Sondag: Bokomo, CP Nel, Pleinstr, Oostelikeweg, Pressmelk, Swartsingel, Big Bird, Storage Warehouse, Sweisplek, Snuffelmark, vanaf Koop en Loop tot voor Wessels & Kie, ook Dassieweg tot by die skrootwerf.

Log in with your credentials

Forgot your details?