Klein Karoo se skole vaar goed

Matriek 2017

Blydskap en verligting! Helena van Heerden van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn was die toppresteerder in die Klein Karoo tydens die 2017-matriekeindeksamen met ’n vakgemiddeld van 89,7 % asook sewe A’s. Hier is sy kort nadat sy haar matriekuitslae op 5 Januarie by die skool ontvang het.  Foto verskaf

Blydskap en verligting! Helena van Heerden van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn was die toppresteerder in die Klein Karoo tydens die 2017-matriekeindeksamen met ’n vakgemiddeld van 89,7 % asook sewe A’s. Hier is sy kort nadat sy haar matriekuitslae op 5 Januarie by die skool ontvang het. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
DIE Klein Karoo se matrieks van 2017 het die streek se naam weer hoog gehou met goeie resultate in die matriek-eindeksamen.

Langenhoven Gimnasium se Dux-leerder van 2017, Helena van Heerden, was die toppresteerder met ’n gemiddeld van 89,7%. ’n Kortkop agter haar was haar skoolmaats Niel Els (87,9%??) en Minette Steyn (87,3%??) en die Hoërskool Oudtshoorn se Sofie Heller met ’n gemiddelde persentasie van 87,1%.

Langenhoven Gimnasium se matrieks het in die vierde agtereenvolgende jaar ’n 100%-slaagsyfer behaal.
Ook Ladismith se privaatskool die Shalom Akademie, spog met ’n 100 %-slaagsyfer.

Hy is baie trots op die matriekklas van 2017 en op die personeel van die skool, sê die hoof van Langenhoven Gimnasium, Stehanus Potgieter, oor sy skool se prestasie.

“Die skool se mikpunt is dat elke leerder moet slaag en ons loop ’n pad met hulle om dié doelwit te behaal,” sê Potgieter. “Ons wil hê elke leerder moet na vyf jaar matriek slaag en daarom behaal ons die 100%-slaagsyfer.”

Potgieter skryf die prestasie ook toe aan ’n baie goeie toetsstelsel waardeur leerders deurlopend deur die jaar toetse skryf en die skool van Maartmaand af kan agterkom as leerders enige probleme het. “Daar word ook van alle leerders verwag om alle take en alle werkstukke in te handig, en die perso­neel is daartoe verbind om, ook na-ure, elke kind aan die hand te neem en te ondersteun om dit reg te kry. Ons voer ook gereeld ge­sprek­ke met leerders en hul ouers.”

Die slaagsyfer by ander skole in die streek was: Hoërskool Oudts­hoorn 97,1%, Ladismith Sekondêr 91,7%, Hoërskool Zwartberg (Prins Albert) 89,7%, De Rust Sekondêr 88,7%, Hoërskool Ladismith 86,8%, Hoër­skool Calitzdorp 82,8%, Hoër­skool Môrester 81,6%, Aurial Kollege 74,2%, Fezekile Sekondêr 73%, Bridgton Sekondêr 70,1% en Dysseldorp Sekondêr 64,7%.

• Lees meer oor Helena en van die ander matriek-presteerders op bladsye 6, 7 en 8.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?