KKNK skuif feesterrein in 2018

• Rivierbuurt ná 8 jaar gegroet

Die KKNK verskuif sy gewilde fees­terrein in 2018 na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraat Sportterreine.

Dié aankondiging is deur Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, gedoen.

Volgens Snyman het terugvoer van borge, feesgangers en inwoners aanleiding tot dié skuif gegee. “Borge en feesgangers verkies ’n feesterrein wat sentraal tot die hartklop van die KKNK is en die nuwe feesterrein by die kruising van Voortrekkerweg met Baron van Reedestraat en Langenhovenweg is dus ideaal,” sê sy.

Snyman wys verder daarop dat daar geen inwoners is in dié gedeelte van Vredestraat wat tydelik gesluit sal moet word nie, en dat die ongerief wat tydelike padsluiting en die op­rigting van strukture tydens die fees veroorsaak, dus veel minder sal wees.

Sy sê feesgangers sal alles waaraan hulle die afgelope agt jaar in die Ri­vierbuurt gewoond was, én meer, op die nuwe terrein ervaar. “Benewens die aand- en dagverhoog, Liplekker met sy deli- en wynproeë, verskeie stalletjies, kroeë en kuier- en rus­areas, verskuif die ATKV-Speelbos ook na die feesterrein.
“Die Speelbos bied pret en plesier aan die jongspan, soos Uitkamp­teater-aanbiedings, interaktiewe spe­le­tjies én ’n musiekprogram,” sê sy.

Die Kunsmark sal op die Vredestraat Sportterrein ingerig word. Die pretpark en mallemeule sal ook hier wees.

Kaartjies na die feesterrein sal toegang tot ál die vermaak insluit. met toegang vanuit Voortrekkerweg en Vredestraat.

Navrae oor die nuwe terrein kan gerig word aan info@kunste.org.za of 044 203 8600.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?