KKNK bring welkome reën…

Deur Liesel le Roux
OP Oudtshoorn is die KKNK al sinoniem met reën, want waar die eerste drie maande in die Klein Karoo altyd droog en warm is met min reën, val die eerste “winterreën” amper klokslag elke jaar tydens die KKNK.

Vanjaar is volgens die SA Weerdiens se voorspelling geen uitsondering nie met ’n 80%-kans op reën vandag.

“Donderdag gaan volgens die voorspelling ’n bewolkte, reënerige dag wees met temperature in die lae twintigs,” het Wayne Venter van die SA Weerdiens gisteroggend gesê.

Volgens Venter is bewolkte weer en buie ook nog Vrydag moontlik, maar verswak die kanse daarop heelwat.

“Temperature sal egter koel bly – in die lae twintigs.

“Teen die naweek word die vooruitsigte baie beter met meestal bewolkte oggende.”

Vir inwoners van Oudtshoorn is hierdie goeie nuus na ’n droë somer en met die streek se damvlakke wat weekliks daal en waterbeperkings wat reeds van toepassing is.

Log in with your credentials

Forgot your details?