Kilometers draad gesteel

Telefoondrade langs Kango Grotte-pad afgeknip en gesteel

Die foto wys hoe die telefoondrade langs die pad tussen Oudts­hoorn en die Kango Grotte op ’n plek net afgeknip en gesteel is. Aan die linkerkant van die groot paal voor hang die telefoondrade nog, maar regs van die paal is dit weg.  Foto:  Schalk le Roux

Die foto wys hoe die telefoondrade langs die pad tussen Oudts­hoorn en die Kango Grotte op ’n plek net afgeknip en gesteel is. Aan die linkerkant van die groot paal voor hang die telefoondrade nog, maar regs van die paal is dit weg. Foto: Schalk le Roux

Deur Liesel le Roux
TALLE inwoners en verblyfplekke tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte is sedert verlede Vrydag sonder telefoonontvangs nadat sowat 14,4 km se oorhoofse telefoondrade volgens die Oudtshoorn

Polisie van die telefoonpale langs die pad gesteel is.

Die diefstal het waarskynlik oornag plaasgevind.

Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, is die draad tussen verlede Donderdag (30 November) om 16:30 en die Vrydag om 12:45 gesteel.

Schalk le Roux wat die telefoonpale wat deurgeloop het vir Die Hoorn gaan afneem het, sê volgens sy waarneming is 18 telefoondrade oor ’n afstand van sowat 0,9 km afgeknip en weg.

Telefoonlyne vanaf die Kango Aftree­oord net buite die dorp tot by die Kango Bergoord en die De Hoek Vakansieoord is hierdeur geraak en sedert Vrydag buite werking.

Boy Spies, eienaar van De Oude Meul, bekende gastehuis in Schoemanshoek, sê dit is ’n groot probleem vir die toerismebedryf omdat voornemende besoekers nie kan bel om verblyf te bespreek nie.

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het die week ’n beroep op besoekers gedoen om besprekings vir verblyf in die Schoemans­hoek-gebied aanlyn te doen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?