Kango Grotte-pad ook binnekort herstel

von-oudtshoorn-richtung~2

DIE R328 tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte gaan oor die volgende sewe maande herseël word. Dit is die tweede pad vanaf Oudtshoorn wat ’n nuwe baadjie kry, met die pad na De Rust wat tans grootliks oorgebou word.

Volgens Frik Eloff, projekbestuurder van iMvula Roads & Civils, sal die herstelprojek van die Kango Grottepad op 13 September afskop en na verwagting teen 3 April volgende jaar voltooi wees.

Eloff sê dat die werk aan die pad gedoen sal word met een baan daarvan ge­sluit en stop-en-rypunte om verkeer te beheer. Padgebruikers word versoek om 30 minute meer rytyd toe te laat wanneer hulle die pad na die Grotte gebruik.

Tydens die Desembervakansie – tussen 15 Desember en 8 Januarie – sal die pad oopgestel word vir verkeer van beide kante. (Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?