Inwoners van hier gaan ook môre aan massaoptogte en protesoptrede teen Zuma deelneem

Inwoners van die Klein Karoo en Suid-Kaap gaan ook môre deelneem aan massaoptogte en ander protesoptrede ter ondersteuning van die mosie van wantroue in pres Jacob Zuma wat môre voor die parlement dien.

Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, het kort gelede aangekondig dat parlementslede môre hul stemme in die geheim sal kan uitbring.

DIE EFF op Oudtshoorn beoog om môre (Dinsdag 8 Augustus) ’n plakkaatbetoging op die oop stuk grond langs die CP Nel Museum te hou. Die plakkaatbetoging sal van 09:00 tot 11:00 duur en die gemeenskap en opposisiepartye is genooi om te kom deelneem aan die plakkaatbetoging.

Intussen maak ’n groot groep DA-ondersteuners uit Die Hoorn se lesersgebied en die Eden Distrik hul gereed om vroeg môre per bus na Kaapstad te vertrek waar hulle aan ‘n massaoptog na die parlement gaan deelneem.

Die DA, EFF, IVP, COPE en ander opposisiepartye het hul ondersteuners die week aangemoedig om Dinsdag hul steun vir ’n mosie van wantroue te toon deur betrokke te raak by massaoptogte en protesoptrede dwarsdeur die land.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?