Hangbrug gesluit as gevolg van gevaar vir gebruikers

Brug
Die hangbrug op Oudtshoorn is pas deur die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit gesluit vir dringende herstelwerk sodat onder meer ‘n groot gat in die loopvlak van die brug herstel kan word. Die munisipaliteit gaan dringende herstelwerk aan die brug doen.

Die gat is vroeër vandag deur Die Hoorn onder die munisipaliteit se aandag gebring nadat ons klagtes van inwoners ontvang het oor die veiligheid van die brug. BY ‘n besoek aan die brug het Die Hoorn die gat reg bokant die rivier gevind. Dit wil voorkom of vyf dwarsplanke op die loopvlak daar weg is.

Die direkteur van tegniese dienste, Chris Koch, het inwoners en toeriste versoek om nie die brug te gebruik totdat dit herestel en veilig vir gebruik verklaar is nie.

‘n Sakeman van Oudtshoorn, wat anoniem wil bly, het reeds by meer as een geleentheid op eie koste plankies op die brug vervang omdat hy bekommerd was oor die veiligheid van gebruikers van die hangbrug. (Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?