H5N8-voëlgriep nou ook in Oudtshoorn-omgewing gevind

Volstruise

DIE voëlgriepvirus H5N8 is ook op ‘n plaas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gevind.

Verskeie plase in ‘n radius van 10 km om dié plaas is reeds onder kwarantyn geplaas.

Volgens dr Adriaan Olivier, veearts van die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), is die H5N8-virus tydens ‘n roetine-nadoodse ondersoek gevind op ‘n volstruis wat in die veld gevrek het.

Dit is na wat verneem word die eerste keer dat ‘n volwasse broeivoël as gevolg van voëlgriep vrek.

Piet Kleyn, uitvoerende hoof van die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), het bevestig dat enkele ander volstruisvrektes as gevolg van die virus ook voorgekom het. Hy sê die kwarantyn raak waarskynlik bykans 25 plase.

Die H5N8-virus is ook onlangs op twee volstruisplase op Heidelberg tydens die roetine-toetsing van volstruise gevind.

Verskeie uitbrake van die virus, wat vermoedelik deur wilde watervoëls versprei word, het sedert Junie vanjaar by hoenders in Suid-Afrika voorgekom.

(Berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?