H5N8-virus ook by volstruise hier gekry

Deur Liesel le Roux
DIE voëlgriepvirus H5N8 is nou ook op ’n plaas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gevind.
Verskeie plase in ’n radius van 10 km om dié plaas is reeds onder kwarantyn geplaas.

Volgens dr Adriaan Olivier, veearts van die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), is die H5N8-virus tydens ’n roetine-nadoodse ondersoek gevind by ’n volstruis wat in die veld gevrek het.

Piet Kleyn, uitvoerende hoof van die SA Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), het bevestig dat enkele volstruisvrektes as gevolg van die virus voorgekom het. Hy sê die kwarantyn raak waar­skynlik bykans 25 plase.

Volgens Kleyn word daar voortgegaan om soos die afgelope jare op gereelde basis roetine-toetse op volstruise op al die plase te doen vir die virus, onder meer omdat volstruise nie kliniese tekens toon dat hulle siek is nie. Slegs volstruise van plase wat vry is van die virus kan geslag word.

Die H5N8-virus is ’n paar weke gelede op twee volstruisplase in die Heidelberg-omgewing tydens die roetine-toetsing van volstruise gevind.

Verskeie uitbrake van die virus, wat vermoe­de­lik deur wilde watervoëls versprei word, het sedert Junie by hoenders in Mpumalanga en Gauteng voor­ge­kom.

• Volgens Bronwynne Jooste, woordvoerder van die Wes-Kaapse mi­nister van ekono­mie­se geleenthede, Alan Winde, is daar geen te­ken dat die H5N8-virus aansteeklik is vir mense nie. Sy het beklemtoon dat volstruis- en hoendervleis in winkels vei­lig is vir menslike ge­­­bruik. Winde sal vandag ’n verkla­ring oor die virus uitreik.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?