Greyhound-bus uitgebrand op pad na Oudtshoorn

Die uitgebrande bus gisteraand. Foto: 1Life911

Die uitgebrande bus gisteraand. Foto: 1Life911

SY het net een behoefte en dit is dat haar seun veilig op Oudtshoorn moet arriveer.
So sê Joey de Kock van Oudtshoorn wie se seun ‘n passasier was op ‘n Greyhound-bus wat gisteraand omstreeks 21:10 in die Vrystaat uitgebrand is nadat die passasiers aangerand en beroof is.
Joey doen vryskut-bemarking vir Die Hoorn.
Gerhard en sy suster, woon en werk ook op Oudtshoorn.
Gerhard was per bus op pad van Polokwane na Oudtshoorn om vir sy ma en pa, Sarel de Kock, en suster te kom kuier, toe die bus voorgekeer is tydens betogings in die omgewing van Welkom en Allanridge. Volgens die mediese noodmaatskappy, 1Life911, is die bus by die Nyakalong-kruising aan die brand gesteek.
Gerhard is met kopwonde in die Mediclinic op Welkom opgeneem en het steke gekry, maar is intussen ontslaan.
Hy en van die ander passasiers sal vanmiddag uit Welkom na Oudtshoorn en hul ander bestemmings gebring word.
(Berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?