Een persoon sterf in botsing op Mosselbaaipad

Die ongelukstoneel naby die afdraai na De Zeekoe net buite Oudtshoorn op die Mosselbaaipad.

Die ongelukstoneel naby die afdraai na De Zeekoe net buite Oudtshoorn op die Mosselbaaipad. Die blou kar en die wit kar (agter links) was beide in die botsing betrokke. ‘n Bakkie wat nie op die foto sigbaar is nie en vermoedelik van die pad geloop het, was die derde voertuig. Foto: Liesel le Roux

EEN persoon het gesterf in ‘n botsing op die Mosselbaaipad (R328) waarin drie voertuie kort na 14:00 was. Drie persone is in die botsing beseer.

Die botsing het naby die afdraaipad na De Zeekoe plaasgevind.

Die pad is tans gesluit. Motorriste wat na Mosselbaai wil reis, kan via die Calitzdorppad oor Volmoed ry totdat die pad by die Mosselbaaipad aansluit.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was drie voertuie in die botsing betrokke en is een persoon oorlede. Meer inligting sal later bekend gemaak word. Dit is nie tans bekend hoe die botsing plaasgevind het nie. (Berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?