Dr Eve ‘n tweede keer in hegtenis geneem

Landdroshof-Oudtshoorn
‘N UGANDESE vrou wat as Dr Eve, ‘n kruiedokter, ‘n besigheid op Oudtshoorn bedryf, is weer in hegtenis geneem.

Justine Nambuya (27)  was op borgtog van R3 000 uit nadat sy na bewering ’n vrou van Oudtshoorn uit R40 000 bedrieg het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het nog ‘n persoon ‘n klagte teen Nambuya kom indien na mediaberigte oor hoe sy na bewering ‘n vrou van Oudtshoorn beloof het dat sy R40 000 vir haar sal verdubbel.

Visser sê die nuwe klaer beweer dat Nambuya in Januarie gesê het sy sou ‘n bedrag van R27 000 in R1 miljoen verander. Nambuya het Dinsdag reeds vir die nuwe klag in die hof verskyn. Sy is tans in aanhouding.

Nambuya beskik oor ’n geldige verblyfpermit vir Suid-Afrika wat in November vanjaar verstryk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?