Dié vier wen dagkaartjies na die KKNK

DIE vier wenners van verlede week se kompetisie in Die Hoorn met die prys ’n dagkaartjie na die KKNK, is Cecile Ungerer wat ’n dagkaartjie gewen het vir Vrydag 30 Maart, Amorien van der Bijl (Saterdag 31 Maart), Jolanda van Niekerk (Sondag 1 April) en Amanda van Rooyen (Maandag 2 April).

Baie geluk!
Die wenners se name is tydens ’n gelukkige trekking uit die korrekte ant­woor­de getrek.

Dié KKNK se dagkaartjie sluit toegang in na die Kuierbuurt waarin onder meer die stalletjies geleë is, asook die Huis­genoot-verhoog waar die aandkonserte plaasvind en die Castle Lager-verhoog waar deur die dag vermaak plaasvind.

• Die Hoorn bied weer vandeesweek ’n kompetisie aan waarin 10 lesers elkeen twee kaartjies kan wen na vanjaar se Dowwe Dolla-pret.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?