Deon Bosman in sy besigheid aangerand

Deon Bosman nadat hy Woensdagmiddag in sy besigheid aangerand is.

Deon Bosman nadat hy Woensdagmiddag in sy besigheid aangerand is.


’n Bekende sakeman van Oudtshoorn, Deon Bosman, moes Woensdag ses steke in sy kop kry nadat hy in sy besigheid deur ’n man en ’n vrou aangerand is.

Bosman is die eienaar van Super Carwash en Swartberg Carwash op Oudtshoorn.

Bosman het ’n klag van aanranding by die Polisie ingedien. Die Hoorn wag tans vir terugvoering van die Polisie.

Bosman sê die egpaar het omstreeks 16:00 by sy besigheid ingestap waarna die man hom teen die gesig en lyf geslaan het. “Ek het ’n knuppel uit my laai probeer haal om myself te verdedig, maar die vrou het dit vasgegryp.”

Bosman sê hy het toe pepersprei in die hande gekry en na die man gespuit waarna die vrou hom met die knuppel oor die kop geslaan het.

Na verneem word, het iemand tydens die onderonsie die Polisie ontbied wat op hul beurt die man en vrou uit Bosman se besigheid verwyder het.

Bosman sê hy is onseker waaroor die mense so kwaad is vir hom, maar dat dit klaarblyklik spruit op sy reaksie op inskrywings van die man op die Facebook-groep Oudtshoorniete staan saam.

Die man het die week verskeie inskrywings gepos nadat Adele Beets van Oudtshoorn mense Dinsdagaand gewaarsku het dat iemand ’n stok deur haar kamervenster tot op haar bed gedruk het. Haar inskrywing om 23:44 lui: “AANDAG…… wees op die uitkyk vir twee jong mans besig om moeilikheid te maak in St Saviourstraat, Adderleystraat, Victoriastraat. Nou net wakker geskrik met ’n stok wat teen my druk in my bed deur my kamervenster en een wat vir my loer met ’n rooi koplig aan…”

’n Hele polemiek het daarna ontstaan oor die man se opmerkings oor Beets se inskrywing. Baie van die inskrywings is deur die groep se admin verwyder.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?