De Rust-water nie geskik vir drink en klere was

DIE water in DE Rust se krane is nie tans geskik om te drink nie omdat die ysterinhoud van die water te hoog is. Die water sal ook klere vlek as daarmee gewas word.
Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit het vanoggend die bakteriologiese uitslag gekry van ’n watermonster wat Donderdag in De Rust geneem is.
“Die goeie nuus is dat daar geen E.coli in die water is nie. Die chemiese uitslae van die watermonster lyk egter nie so goed nie. Die ysterinhoud is tans 2,2 mg/l en moet minder as 0,2 mg/l wees.
“Hierdie hoë ysterinhoud sal klere laat vlek en veroorsaak ’n slegte smaak en slegte voorkoms en is ’n gesondheidsrisiko vir sensitiewe groepe.”
Mangqwengqwe sê goeie nuus is dat al die inwoners van De Rust die naweek water gehad het.
Volgens hom ervaar die munisipaliteit egter tans probleme met waterverspreiding in De Rust en Blomnek omdat een van die twee water-vragmotors gebreek het.
“Ons is egter nou in die moeilikheid. Ons het tans net een vragmotor beskikbaar. Die ander een het gebreek. Ons vragmotor kan nog tot 16:00 water aflaai, want dit moet daarna op bystand wees vir noodsituasies soos brande.”
Hy het inwoners met watertenks gevra om water met hul bure te deel terwyl die munisipaliteit watertenks in die dorp en in Blomnek opvul. (Berig deur Liesel le Roux)Water

Log in with your credentials

Forgot your details?