Borgtog van R30 000 vir Maggie Titus

Magdaleen (Maggie) Titus. Foto: Facebook

Magdaleen (Maggie) Titus. Foto: Facebook


Deur Garnett Wicomb
BORGTOG van R30 000 is gister (Maandag, 7 Mei 2018) in die Kaapse Hooggeregshof toegestaan aan Magdaleen (Maggie) Titus (41), vrou van die vermoorde soldaat, Preston Titus (48).

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, was Titus se appèlaansoek teen die weiering van borgtog in die Oudtshoorn Landdroshof, suksesvol.

Die regter het borgtog toegestaan op voorwaarde dat sy Maandae, Woensdae en Vrydae by die polisie aanmeld en nie die Wes-Kaap mag verlaat nie.

Sy mag ook nie van adres verander sonder skriftelike kennisgewing aan die ondersoekbeampte nie en ook nie met staatsgetuies kontak maak nie.

Landdros Errol Thomas het op 8 Maart vanjaar borgtog aan Titus geweier en gesê dat dit nie in belang van geregtigheid is dat haar vryheid voorkeur geniet gesien in die lig van ‘n wrede moord wat gepleeg is nie. Haar oorlede man het 27 mes- en kapwonde opgedoen.

Titus en haar twee medebeskuldigdes, Natasha Stuurman, aan wie vroeër borgtog van R15 000 toegestaan is, en Justice Mooi, aan wie borgtog geweier is, verskyn weer op 4 Junie in die hof terwyl die vierde verdagte, Masimthembe January (23), ook bekend as MJ, se borgaansoek uitgestel is tot 16 Mei.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?