Besoekers by Grotte meer, sê Maimane

Mmusi Maimane en die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, verlede week in die Kango Grotte.            Foto verskaf

Mmusi Maimane en die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, verlede week in die Kango Grotte. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
DIT gaan weer goed by die Kango Grotte buite Oudtshoorn nadat dié toerismebestemming die slagoffer was van finansiële wanbestuur onder die vorige munisipale regering en amper sy deure moes sluit, sê die DA-leier, Mmusi Maimane.

Die besoekersgetalle in Mei 2017 toon volgens Maimane, wat verlede week ’n blitsbesoek aan Oudtshoorn en die Kango Grotte gebring het, ’n toename van 2 500 besoekers in vergelyking met Mei 2016.

In ’n verklaring wat na Maimane se besoek uitgereik is, sê hy die nuwe DA-raad het nadat hulle in Augustus 2016 aan beheer gekom het, besluit om prioriteit te verleen aan die Grotte omdat die DA wou fokus op projekte wat die grootste verskil in die kortste tyd moontlik vir soveel mense moontlik te kan maak.

“Die toerismebedryf is een van ons grootste werkskeppers en die groei daarvan is ’n topprio­riteit van die DA-regering. Ons strewe daarna om ’n inklusiewe ekonomie te bou wat werk vir almal skep.

“Toe ons aan beheer gekom het, het ’n opdraande pad voor ons gelê om die munisipaliteit om te draai. Dit was in ’n toestand van verwaarlosing en verval. Dit het gebuk gegaan onder groot skuld en was amper bankrot.

“Ons belofte aan die mense van Oudtshoorn was skoon, eerlike en bekwame regering wat nuwe lewe kon gee aan die dorp se ongelooflike potensiaal as ’n wêreldklas-toerismebestemming.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?