DIE spesiale afslagprys op Oudtshoorn vir weekkaartjies na die KKNK se Kuierbuurt geld nog net tot vandag (Donderdag 1 Februarie) om 17:00.
Die kaartjies is teen ’n afslag van 30% slegs by die KKNK-kantoor by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg, Oudtshoorn te koop. Dit bied vir die duur van die fees toegang na onder meer die Absa Kunsmark-stalletjies, die Huisgenoot-verhoog se aandkonserte, die Castle Lager-verhoog, Liplekker se wyn en deli-produkte, die ATKV-Speelbos vir kinders, Uitkampteater-produksies en ander kroeë en rusareas.
Die koste van die kaartjies is R175 en kom neer op slegs R25 per dag tydens die fees.