Adjudant-offisier verloor lewe in botsing

Peter Washinggreen.

Peter Washinggreen.

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 46-jarige polisie­be­ampte van Oudtshoorn is die naweek oorlede nadat hy Saterdagmiddag in ’n botsing sowat 10 km van Willowmore op die Aberdeenpad betrokke was.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Po­lisie, is ao Peter Washinggreen se voertuig omstreeks 14:00 langs die pad ontdek.

Wanneer die botsing plaasgevind het, is nie bekend nie omdat die voertuig nie sigbaar was van die pad nie.

Hy was alleen in die voertuig.

Washinggreen was 28 jaar werksaam by die SAPD, vanaf 2000 as adjudant-offisier.

Volgens Visser het hy eers by die SAPD Akademie ge­werk en in 1991 by die Dysselsdorp Polisiekantoor aange­sluit.

Vanaf 2015 was hy by die Oudts­hoorn Polisie waarna hy in Mei verlede jaar by die landdroshof begin werk het.

Ao Cornelius Fortuin, ook werksaam by die Oudtshoorn Landdroshof, het Washinggreen beskryf as ’n persoon met ’n goeie hart.

“Dit was lekker om saam met hom te werk. Hy het altyd grappe gemaak en as iemand ’n pro­bleem gehad het, was hy altyd bereid om te luister en het altyd ons probeer moed inpraat,” sê hy.

“Hy was ’n baie goeie mens. Hy het altyd uit sy pad gegaan om ander te help.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?