500 kg volstruisvleis, 150 dekens en baie ander na Knysna

Skenkings vir Knysna word vroeër vandag op 'n lorrie gelaai beskikbaar gestel deur 'n boer van Oudtshoorn. Foto's: Liesel le Roux

Skenkings vir Knysna word vroeër vandag op ‘n lorrie gelaai beskikbaar gestel deur ‘n boer van Oudtshoorn. Foto’s: Liesel le Roux

Turnberrylorrie2
Oudtshoorniete het die afgelope dae hul harte oopgemaak sodat ‘n trok gister en vandag vanaf die Turnberry Boutique Hotel kon vertrek met voorrade kos, water, klere en komberse na vir die brandslagoffers van Knysna en elders langs die Tuinroete.
Die mense van Oudtshoorn is ongelooflik, vertel Niel Els, mede-eienaar en bestuurder van Turnberry, is ook die president van Skål International Garden Route en die Lions-klub van Sedgefield wat dié uitreikveldtog vanaf Oudtshoorn hanteer. Hy sê met ‘n besoek aan Knysna het hy net besef hoe belangrik dit is dat skenkings verantwoordelik en betroubaar hanteer moet word sodat na diegene in nood gaan. Dit is waarom Skal betrokke geraak het.
“Ons het vir vandag 500 kg volstruisvleis ontvang, 150 dekens van ‘n hotel op die dorp, water, leë roomysbakke waarvoor gevra is, duvets, matrasse, bokse klere en ‘n kragopwekker vir ‘n lodge waarvoor ons gevra het. Die mense is ongelooflik en daag net hier op met skenkings.”
Die trok wat net na 13:00 vandag na Knysna vertrek het, is deur ‘n boer geskenk wat gevra het dat sy naam nie genoem hoef te word nie.
Els het inwoners aangemoedig om voort te gaan met skenkings aangesien die nood langs die Tuinroete baie groot is en daar steeds brande woed.
“Enigiets is welkom. Daar kan nooit genoeg gebottelde water geskenk word nie. Mense het ook groot nood aan toerusting wat met gas en sonkrag (soos laaiers en lampe) werk omdat daar in groot dele nie krag is nie.”
Items kan afgelewer word by die Turnberry Boutique Hotel in St Johnstraat 130, Oudtshoorn of by Super Carwash naby Pick n Pay. Items soos komberse, troeteldierkos, blikkieskos, gebottelde Water, matrasse, klere, babadoeke, sanitêre doekies, Wet Wipes, ens is alles nodig.

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­______________________________________________________________________________________________________________________

Due to the devastating fires in Knysna we would like to assist where possible and we appeal to you to help them with the following items:

Blankets
Pet Food
Tinned food
Bottled water
Mattresses
Any other items

These items can be dropped off at Turnberry Boutique Hotel, 130 St John Street, Oudtshoorn before 15:00 today, as the truck will be leaving at 15:00 to take the items to Knysna.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?