Moet die Calitzdorp Winterfees nie misloop nie

Die Calitzdorp Stasie is altyd ’n lekker kuierplek tydens die Calitzdorp Winterfees. Foto: http://www.calitzdorpwinterfestival.co.za/gallery-2015

Die Calitzdorp Stasie is altyd ’n lekker kuierplek tydens die Calitzdorp Winterfees.
Foto: http://www.calitzdorpwinterfestival.co.za/gallery-2015

CALITZDORP is gereed vir die Winterfees wat die naweek op die dorp plaasvind!

Aktiwiteite begin Vrydag om 11:00 en Saterdag om 09:00. Sondag sluit af met ’n bergfietswedren en langtafel-brunch by Calitzdorp Wynkelder om 11:30.

Die dorp se verblyfplekke is by­kans volbespreek terwyl spesiale geleenthede wat vir die fees gereël is, ook min sitplek oor het.

Vir dagbesoekers is die dorp se wynkelders en die stasieterrein Vrydag en Saterdag die plekke om te besoek, met interessante aktiwiteite, lekker kos en voortreflike wyn en port wat op besoekers wag.
Boets Nel, besturende direkteur van De Krans Wynkelder, sê die verandering van die eertydse Portfees na die Winterfees twee jaar gelede werp vrugte af. “Die fokus is nou op ’n kwaliteitfees en -aanbiedings en die desentralisering na die wynkelders toe is suksesvol.”

Hy het gesê almal is dankbaar dat besprekings by gastehuise en vir funksies goed is. “En boonop is dit ook die tyd van die jaar wat almal moet oppot op port,” het hy geskerts.

Rozanne Nel van Boplaas Wynkelder sê dit is goeie nuus dat verblyfplekke in die dorp so te sê volbespreek is. “Ons glo daar gaan baie voete wees vanjaar. Ons is baie positief oor die fees. En al die wynkelders bied vanjaar regtig lekker goed aan.”

• Die tema van vanjaar se winterfees in Suid-Afrika se porthoofstad is “Karoo Krismis”. Vir meer inligting oor die fees en die dagprogram, besoek http://www.calitzdorpwinterfestival.co.za/ gallery-2015

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?