14-jarige se liggaam vanoggend gevind

‘n Geregtelike nadoodse ondersoek gaan gedoen word nadat die liggaam van ‘n 14-jarige seun vanoggend in Rose Valley (voorheen Riemvasmaak) in Oudtshoorn gevind is.

Volgens ‘n inwoner van die woonbuurt is die seun se liggaam vanoggend in een van die nuwe huise in die woonbuurt gevind. Hy sê daar is groot ontsteltenis in die woonbuurt nadat ‘n man ook vanoggend in Rose Valley gesterf het nadat hy vermoedelik ‘n epileptiese aanval gehad het.

Sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die dood van die seun bevestig en gesê ‘n geregtelike nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Sy het nie die seun se identiteit bekend gemaak nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?