Ongelukstoneel het soos ‘n slagveld gelyk

Beeste wat in die gedeelte van die vragmotor se sleepwa wasgekeer is wat bo-oor die kanaal gelê het.
Die vragmotor lê op sy sy met 'n gedeelte op die pad.

Die vragmotor lê op sy sy met ‘n gedeelte op die pad.

 

Van die mense op die ongelukstoneel het die beseerde beeste so probeer draai dat hulle minder ongerief verduur.

Van die mense op die ongelukstoneel het die beseerde beeste so probeer draai dat hulle minder ongerief verduur.

Grusame tonele het hulle vanoggend by die berugte draai by die kanaal langs die Oudtshoorn Stasie op die Proefplaaspad afgespeel nadat ‘n vragmotor met 37 beeste omgeslaan het en langs die pad oor die kanaal geval het.

Na raming sal sowat tien van die beeste vankant gemaak moet word deurdat hulle ernstig beseer is. Van die beeste was in die vragmotor vasgekeer. Die meeste van die beeste het uit die vragmotor gekom en het na die driehoek tussen die treinspoor, die treinbrug en die Proefplaaspad gevlug.

Pogings is ná die ongeluk aangewend om van die beseerde beeste uit die vragmotor te verwyder.

Sover vasgestel kan word, is die bestuurder en ’n insittende van die vragmotor ongedeerd.

Die beeste behoort aan PSP Agri van die bekende sakeman van Oudtshoorn Sias van Greunen.

Die beeste is deur Kemp Transport na Van Greunen se plaas vervoer.

’n Ooggetuie, Louise Botha, sê sy en haar man, Marius, self ’n baie ervare vragmotorbestuurder, het kort voor die ongeluk die vragmotor op die Proefplaaspad verby gesteek en het nog daaroor gepraat dat dit te vinnig gery het vir ’n voertuig met so ’n swaar vrag. Daarna het hulle gesien dat die vragmotor omgeslaan het.

Die vragmotor het ook ’n kragpaal getref. Die paal het omgeval en kragonderbrekings in die omgewing veroorsaak het en ’n bykomende risiko op die ongelukstoneel geskep. Net ná die ongeluk was die drade nog vermoedelik “lewendig”, maar dit is kort ná die ongeluk deur die munisipaliteit ontkoppel.

Daar het ook diesel in die straat afgeloop, maar veiligheidsdienste het ’n sandwalletjie gegooi om te verhinder dat dit verder versprei.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?