Rolprent ten bate van Piet Cordier

’n Skermgreep van Pieter Cordier uit Eerstewater (verskaf deur Helene Smit).

’n Skermgreep van Pieter Cordier uit Eerstewater (verskaf deur Helene Smit).

Deur Marlene Malan
IN die dokumentêr rolprent Eerstewater wat vanaand (Donderdagaand) op Prins Albert vertoon word, is Piet Cordier – een van die bekendste dorpenaars – ’n ankerverteller en “akteur”.

Maar Cordier het die afgelope maande ook sy onderneming, Lekkerbek, verloor weens finansiële druk.
Daarom het die vervaardiger van Eerste­water, Hélène Smit, ’n mede-Prins Alberter, en Marelize Vorster, bestuurder van The Showroom Thea­tre, besluit om Eerstewater va­naand op die dorp te vertoon met die opbrengs ten bate van Cordier.

Dit geskied in same­werking met die Prince Albert Leesfees 2017 wat Vrydag amptelik open.
Smit en The Open Window Film Institute in Centurion het Eerstewater verlede jaar en begin vanjaar in en om Prins Albert geskiet, met verskeie inwoners wat hierin optree as die vertellers van hul lewensverhale of van hul beskouing van die omgewing, die mense hier, die kultuur en gewoontes.
Die onderliggende boodskap, volgens Smit (’n bestuurskonsultant en skrywer van die boek Beneath: Exploring the Unconscious in Individuals), is om die uitwerking te toon van die mens se onderbewussyn op sy werklikheid.

Cordier, ’n kranige sanger en kitaarspeler, vertel in die film van sy lewe sonder bene en oë, sy liefde vir en kennis van musiek, sy gesinslewe en sy uitkyk op die lewe.

• Liesel le Roux berig dat ’n Oudts­hoorniet wat Cordier goed ken, Deon (Bossie) Bosman ook vanaand betrokke is by ’n skenking van Oudts­hoorn se kant aan Cordier. Na­dat Bosman ’n berig oor Cordier se huidige situasie in Die Hoorn gelees het, het hy saam met die Oudts­hoorniete Staan Saam (OSS) Assosiasie ’n fondinsameling vir Cordier geloods. Die voorsitter van die OSS Assosiasie, Hein Crocker, sal va­naand R15 000 wat ingesamel is, aan Cordier oorhandig, terwyl Bosman ook ’n paar woorde oor Cordier sal sê.

• Kaartjies vir vanaand se verto­ning in The Showroom Theatre, Kerkstraat, kos R50, wat versnaperinge insluit. Die saamkuier begin om 18:00; die film om 19:00. Besoek www.showroomtheatre.co. za vir meer inligting en om kaartjies aanlyn te koop.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?