Toerisme waarsku teen vreemdes in verblyfplekke

5 Man Queens Stoep

Twee mans wat verlede Donderdag deur die Queen’s Hotel se sekuriteitskameras afgeneem is.                                     Foto verskaf

Twee mans wat verlede Donderdag deur die Queen’s Hotel se sekuriteitskameras afgeneem is. Foto verskaf

OUDTSHOORN en De Rust Toerisme het ver­blyf­­plekke gewaarsku om op die uitkyk te wees vir mense wat nie gaste is nie. Dit volg nadat twee mans verlede Donderdag net na 07:00 die Queen’s Hotel op Oudtshoorn binnegestap het en direk na die ontbytsaal is. Daar het hulle met gaste gemeng en selfs in die bakke gekyk watter kos daar was.

“Dit is dieselfde modus operandi as wat in Januarie 2017 gevolg is toe handsakke uit die Queen’s Hotel se ontbytsaal gesteel is,” sê Alie Killian, direkteur en algemene bestuurder van die hotel.

“Gelukkig het ons ontvangsdame hulle opgemerk en onraad vermoed en die kombuispersoneel ingelig. Die twee mans het gesien dat die personeel hulle dophou en het toe geloop.”

Killian sê volgens sy inligting het twee ander mans dieselfde tyd ook die Oudtshoorn Inn binnegestap en dieselfde gedoen. “Dit lyk asof hulle in ’n groep saamwerk.” Die Queen’s Hotel het foto’s van die twee mans, wat deur hul sekuriteits­kameras geneem is, beskikbaar gestel.

In die Januarie-voorval het twee mans ’n rugsak en handsak met geld en ander waardevolle items van oorsese besoekers in die ontbyt­kamer gesteel terwyl die eienaars van die sakke kos ingeskep het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?