Prins Albert hou PlaasKombuisfees

Drie byeenkomste in een naweek!

Deur Marlene Malan
00Vrydag af ’n miernes van bedrywighede met drie groot byeenkomste wat die na week daar gehou word.

Die PlaasKombuisfees by die NG Kerk Prins Albert open Vrydag om 09:30, die Groet is ’n moet-saam kui er geleentheid
vind Vrydagaand plaas in die Gesinspark in Rondomskrik, Noordeinde, en die Swartberg 100 Grand Fondo-fietsren
begin en eindig Saterdag in die hartjie van die dorp.

Die idee agter Prins Albert se heel eerste Groet is ’n moet is dat plaas like inwoners saameet en saamkuier, sê die
organiseerder, Ingrid Wolfaardt. Die geleentheid word gedeeltelik geborg deur 80 gaste van die Nasionale Lugvaartkorporasie
wat Vrydag in private vliegtuie na die dorp vlieg.

Die Swartberg 100-fietsren kon verlede jaar nie plaasvind nie weens die verspoeling van ’n deel van die pas ná ’n flits –
vloed. Met die opening van die herstelde pad twee weke gelede kan die laaste 28 km van die Grand Fondo weer afgelê
word aan die noordekant (Prins Albert-kant) van die Swartbergpas. Gesoute fiets ryers durf ’n roete van 170 km
aan, maar vir dié wat nie vir die steil Swartbergpas kans sien nie, is daar die Swartberg 100 Medio Fondo, oor 55 km.

Die PlaasKombuisfees word vanjaar gereël deur die dorp se NG Kerk, in samewerking met die Prins Albert Landbougenootskap.

Dit vind op die kerkterrein plaas, en is ’n gesamentlike poging in die plek van die jaarlikse kerkbasaar en die kos-en-olyffees
wat voorheen op die skouterrein gehou is. Dié langnaweek word al langer as ’n dekade deur die dorp se landbougemeenskap
benut om hul produkte bekend te stel.

Vanjaar se samekoms wil egter nie net die dorp se ruim opbrengs van vye, olywe, kaas, wyn en skaapvleis vier nie, “maar is ook ’n kultuurgeleentheid,” sê Madri Rossouw, een van die hooforganiseerders.

“Van Vrydag tot Sondag is daar orreluitvoerings in die kerk deur verskillende orreliste – plaaslik en ook van Kaapstad. Die ge –
wilde Jak de Priester tree Saterdagaand in ons historiese kerk op, en sangers en orkeste gaan regdeur die na eek in die biertuin optree.

Twee kore tree Sondagoggend tydens die erediens op.” Stalletjies met handvaardighede, boeke, tuis gebak en inlêprodukte,
sowel as mooigoed vir vroue en meisies, open Vrydag in die kerksaal, met van die beste soet- en soutgebak van die dorp se sjefs
wat in die teetuin bedien word.

Vir die kinders is daar ’n kostuumdragvertoning en vir die manne (en vroue) ’n pitspoeg-kompetisie. Een van die
hoogtepunte is die blom mekuns deur die stiliste Johanna Luttig en Amelia le Grange.

• Groet is ’n moet: admin@pactrust.co.za

• PlaasKombuisfees: Adele Hattingh, 082 639 8647 of 023 541 1510.

• Prins Albert Toerisme, 023 541 1366.

Program Plaaskombuisfees

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?