Oudtshoorn se Hlangana Lodge is ’n winskoop, sê hierdie reisigers!

Hlangana Lodge.                      Foto verskaf

Hlangana Lodge. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
OUDTSHOORN se Hlangana Lodge is deur Tripadvisor aangewys as die derde beste wins­koophotel in Suid-Afrika.

Volgens Bert Verlinde, eienaar van Hlangana Lodge, het Tripadvisor verlede week die name van die hotelle bekend gemaak wat presteer het in die verskillende kategorieë vir die Tripadvisor Travelers’ Choice Awards vir 2017.

Die presteerders word bepaal op grond van die terugvoering van miljoene reisigers wêreldwyd.

Verlinde sê volgens Tripadvisor was Hlangana Lodge ook 23ste in Afrika, nog ’n groot prestasie!

“Ek en my personeel is baie trots en baie bly oor die toekenning. Ons werk hard om die beste ervaring vir besoekers en ook waarde vir geld te bied.”

Layout 1

Log in with your credentials

Forgot your details?