’n Moet vir besoekers!

• Klein Karoo Ostrich Emporium

Yolandi Horn, bestuurder van die Klein Karoo Ostrich Emporium op die hoek van Langenhovenweg en Rademeyerstraat op Oudtshoorn, kyk toe terwyl Elmarie Kiewiets, ’n volstruis-leerwerker, meet en pas voordat sy aan die werk spring met die volgende produk.

Yolandi Horn, bestuurder van die Klein Karoo Ostrich Emporium op die hoek van Langenhovenweg en Rademeyerstraat op Oudtshoorn, kyk toe terwyl Elmarie Kiewiets, ’n volstruis-leerwerker, meet en pas voordat sy aan die werk spring met die volgende produk.

’N UITSTAPPIE na die Klein Karoo Ostrich Emporium (KKOE) op die hoek van Langenhovenweg en Rademeyerstraat in die ou Bokomogebou behoort deel te wees van die beplanning van elke feesgangers wat na die KKNK kom.

Die emporium, wat einde verlede jaar deur Klein Karoo Groep geopen is, bied ’n wye verskeidenheid van volstruisprodukte in ’n ruim en mo-derne winkel.

Die volstruisleerprodukte sluit in handsakke, beursies, skoene en meubels met volstruisleer oorgetrek, vereprodukte en vars en verwerkte vleisprodukte. ’n Nuwigheid is ingelegde gepekelde volstruismaag en kerrievolstruismaag.

Daar is ook krokodilleergordels en ander leerprodukte van wildsoorte soos springbok en zebra.

’n Nuutjie by die Emporium is Yips & Yaps vir honde wat van onder meer volstruisbene, -senings en -vleis gemaak word.

Yolandi Horn, bestuurder van die KKOE, sê die produkte is alles 100% volstruis. “Dit is geskik vir alle honde aangesien dit hipoallergenies is deurdat dit geen preserveer- en bleikmiddels bevat en ook vry van chemikalieë is. Volstruisprodukte is na- ­tuurlik proteïenryk met min vet.

“Yips & Yaps word op Oudtshoorn vervaardig van volstruisprodukte wat afkomstig is van plase en ’n abbatoir, wat vir uitvoerdoeleindes goed­ge-keur is en dierewelsynpraktyke toepas. Dit word ook hier verpak,” voeg sy by.

Van die volstruisprodukte word vervaardig in ’n werkswinkel wat deel van die KKOE vorm,
Belangstellendes kan as deel van hul besoek aan die emporium in die werkswinkel kyk hoe vol­struisleerprodukte vervaardig word.

Daar is ook ’n tak van Beans about Coffee binne in die emporium waar besoekers ’n lekker koppie koffie met versnaperings kan geniet.

In die ontvangsgedeelte van die emporium is k ’n interessante uitstalling van outydse plaasimplemente, drukkerstoerusting, ’n stasiehek en ’n stasieskaal.

Daar is heelwat veilige parkeerplek om die emporium.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?