Besoekers verwelkom in die Klein Karoo!

Links: Die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, verwelkom ’n besoeker aan die Klein Karoo Saterdag. Foto verskaf

Links: Die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, verwelkom ’n besoeker aan die Klein Karoo Saterdag. Foto verskaf

DIE uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, was Saterdag deel van ’n verwelkomings inisiatief van Oudtshoorn en De Rust Toerisme asook die Tuinroete en Klein Karoo Toerisme.

Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, is motoriste aangenaam verras toe hulle net voor De Rust afgetrek is en ’n geskenkpakkie ontvang het om hulle in die streek te verwel – kom.

Sylvester, raadslede en toerismerolspelers het besoekers glimlaggend ’n aangename reis toegewens.
Hulle is bygestaan deur die De Rust Polisie, provinsiale en munisipale verkeersbeamptes en wets toe –
passers.

Volgens Corleen Barnard van die Oudtshoorn en De Rust Toerismekantoor is 500 geskenkpakkies op
die dag uitgedeel. Verlede week se uitgawe van Die Hoorn was deel van dié geskenk aan besoekers.

Log in with your credentials

Forgot your details?