Yolandé vir SA Elitespan gekies

Yolandé de Villiers

Deur Angelique Erasmus
YOLANDé de Villiers, bergfietsryster van Oudts­hoorn, is gekies vir die SA Elitebergfiets­span wat van 14 tot 16 September aan die Berg­fiets-marathon Wêreldkam­pioenskap in Auronzo di Cadore in Italië gaan deelneem.

Die vereistes om vir die SA Elitespan in aanmerking te kom, is baie streng. De Villiers moes bv aan vyf bepaalde bergfietsrenne deelneem.

“Ek is baie opgewonde om deel van die SA Elitespan te wees en sien baie daarna uit om in Italië te gaan meeding,” sê sy.

De Villiers en haar spanmaat Neil Ungerer het die afgelope naweek aan die Trans-Baviaans-bergfietsren deelgeneem en die gemengde afdeling in 08:23:19 gewen. Dié 24-uurren oor 230 km begin in Willowmore, lei deur die Baviaanskloof en eindig in Jeffreysbaai.

Dié naweek neem sy saam met haar man, Henties de Villiers, Kevin Taljaard en Wynand Mulder aan die Trans Baviaans Repeat deel wat ’n herhaling van die eerste een is, maar waar die mededinging nie so straf is nie. Die herhaling word aange- bied om meer fietsryers die kans te gee om dieselfde roete te ry.

• De Villiers is tans besig met ’n fondsinsameling om haar te help om haar reiskoste te dek.

Log in with your credentials

Forgot your details?