Wicomb dubbele kampioen by Eden Seniors

Wicomb saam met Raj Nanganna van KwaZulu-Natal. Foto verskaf.

Wicomb saam met Raj Nanganna van KwaZulu-Natal. Foto verskaf.

Garnett Wicomb van die Wesbank Tennisklub op Oudtshoorn het Woensdag die enkelspeltitel vir die
ouderdomsgroep 75+ by vanjaar se Eden Seniors Ope-tennistoernooi op George gewen.

Hy het Kurt Werner van die Westelike Provinsie in die eindstryd met 4-6, 6-4, 10-6 geklop.
Hy het ook saam met Raj Nanganna van Kwa-Zulu-Natal die dubbelspel in die 70+ ouderdomsgroep
gewen nadat hulle vir Werner en Paulus Zulu van KwaZulu-Natal in ’n taai stryd met 6-4, 4-6, 11-9 geklop het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?