Wesbankers vaar goed by SA’s

Christine van Coller en Rida Bester, dubbelspelkampioene van die Wesbank Tennisklub, en ook Suid Afrika vir vroue 50+.

Christine van Coller en Rida Bester, dubbelspelkampioene van die Wesbank Tennisklub, en ook Suid Afrika vir vroue 50+.

Deur Garnett Wicomb
VIER lede van die Wesbank Tennisklub het puik presteer by die afgelope SA Nasionale Seniors Tennistoernooi in Bloemfontein.

Christine van Coller en Rida Bester het die 50+ vroue-dubbelspel gewen terwyl Elmarie Lategan saam met haar Bolandse spanmaat, Petro Kruger, die 70+ vroue dubbelspel gewen het. Van Coller en Lategan het albei in die enkelspeleindstryde van hul ouderdomsgroepe gespeel.

Van Coller en haar maat het ook na die eindstryd van die gemengde dubbels deurgedring, maar kon dit nie voltooi nie weens ’n enkelbesering wat haar maat opgedoen het.

Garnett Wicomb het in die halfeindstryd van die enkelspel vir mans 75+ teen Kobus De La Port in drie stelle verloor.

• Wicomb en Van Coller is volgens die nuutste ranglys van Tennis Suid-Afrika albei in die eerste plek in hul onderskeie ouderdomsgroepe.

Log in with your credentials

Forgot your details?