Weer tyd vir Bestmed-straatmyl

Deur Higgo Jacobs
DIE Klein Karoo Bestmed-straatmyl, die eerste been van die Bestmed Eden-straatmylreeks met drie bene, vind vanjaar op Maandag, 17 Desember, op Oudtshoorn plaas.

Die Klein Karoo Atletiekfonds bied dié wedloop in Baron van Reedestraat aan.

Die tweede been vind op Woensdag, 19 Desember, op George by die Nelson Mandela Universiteit plaas, en die derde en laaste been op Vrydag, 21 ­De­­­­sember, in Hartenbos.

Vir die atlete is daar vier kategorieë, naamlik sub-junior (9 – 13 jaar), juniors (14 – 19), elite ope (20 – 39) en 40+ (40 jaar en ouer).

Vir die fietswedren wat as deel van die byeen-koms op Oudtshoorn plaasvind, is daar ook vier kategorieë wat voorsiening maak vir ­deel­nemers in die volgende ouderdomsgroepe  o.9, o.11 en o.13; o.15 en o.17; elite o.19, o.23 en veterane onder 34 jaar; en veterane 35 en ouer, veterane jonger as 49 en veterane ouer as 50.

Die program op Oudtshoorn begin om 09:00. Registrasie kan reeds vanaf 07:00 op Kleinplaas se stoep in Noordstraat gedoen word.

Die totale prysgeld vir die straatmylreeks beloop vanjaar R80000.

Die beste mans- en die beste vroue-atleet oor die reeks verdien ’n bykomende R4000 elk.

Oudtshoorn se prysuitdelingseremonie vind om 12:00 by Karoopot in Baron van Reedestraat plaas.

Besoek gerus www.edenmiles.co.za vir meer inligting oor die straatmylreeks.

Log in with your credentials

Forgot your details?