Vleisdag: Clement Rex bly op wenpad

Clement Rex (naaslinks) was die wenner van die vleisgholfdag met Colin Swigelaar (regs) die naaswenner, en Daniel Boks derde. Links is die klubkaptein, Johan Cornelissen. Foto en berig: Higgo Jacobs

Clement Rex, voorloper in die gewilde vleisdag-reeks van die Oudtshoorn Gholfklub, ­het Saterdag sy voorsprong verder vergroot met ’n goeie wentelling van 42 punte.

Colin Swiegelaar was tweede met 41 punte, Daniel Boks (40) derde, Skillie Pretorius (39) vierde en Ian Laub­­scher (38) vyfde. Die vleisdag-reeks eindig ­ ­volgende maand.

Rex het ook op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en die boerpot gewen.

Dirk Kuhn het op die 12de die naaste aan die pen geslaan en Francois Brill op die 15de.

Spogtwees is deur Laubscher op die 3de en WM Badenhorst op die 12de geslaan.

Log in with your credentials

Forgot your details?