Union Stars te sterk!

Union Stars  se T20-krieketspan wat Saterdag al drie sy wedstryde in die SWD T20-krieketliga gewen het, is voor van links Emile Titus, Tyrese Karelse, Jean Bruiners, Geoffrey Pêrel en Andre Isaacs, en agter van links Enverino Swartz, Levano Nathan, Enver Venter, Monre May, Sheldon Eksteen, Obus Pienaar en Pieter Stuurman (kaptein).       Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
Union Stars het Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) deurgedring na die kwarteind-ronde van die SWD Twintig20-krieketkompetisie deur al drie sy wedstryde oortuigend te wen.

Die verdedigende kampioen het sy eerste wedstryd van die dag teen Glen Roses van Uniondale met 211 lopies gewen.

Union Stars het eerste gekolf en 233/3 lopies in sy toegelate 20 boulbeurte gemoker. Stars se sterkolwers was Geoffrey Perel (69), Levano Nathan (45*) en Obus Pienaar (38).

Hierna het Glen Roses, wat toegelaat is om net 8 boulbeurte te kolf as straf omdat hulle laat was, tot ’n skamele 22/7 beperk.

In hul tweede wedstryd het Union Stars vir Riversdal met 69 lopies geklop.

Union Stars het 150/6 aangeteken in 20 boulbeurte waarna hulle vir Riversdal in die 15de boulbeurt vir 81 lopies uitgehaal.

In hul derde wedstryd het Union Stars vir Kwanonqaba van Mosselbaai met 10 paaltjies verslaan.
Kwanonqaba wat eerste gekolf het, het 40/9 aangeteken in 10,5 boulbeurte. Union Stars het ­hierna 44 lopies in vier boulbeurte geslaan met nog al hul paaltjies staande.

• Die kwarteindronde van die SWD Twintig20 vind plaas op Saterdag, 7 Oktober.
Die halfeindstryde en die eindstryd vind op Saterdag, 14 Oktober, op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) plaas.

SWD se wenklubspan dring deur na die nasio-nale Multiply-klubkampioenskap van 8 tot 10 Desember in Pretoria.

Log in with your credentials

Forgot your details?